Investiture

Dis Saterdag 01 September 2001 die begin van ons lente !!! Wat beteken dit vir ons as Second Elsies River Scouts, dis die begin van groot dinge. Ons seuns kry vandag hul badges !! Dis ‘n mylpaal ,waarna ons as ouers en die kinders uitgesien het. Hierdie investriture gaan feitlik net oor wie nou regtig hul " scout laws" ken.

Almal is opgewonde daaroor, want dit gaan ‘n hele seremonie af gee. EET NATUURLIK wat gepaard gaan daarmee!!!

Die dag begin vroegoggend met klere wat reg gesit moet word, badges wat

aangewerk moet word, kos wat voorberei moet word. Dit was behoorlik ‘n bak en brou van vroeg dag af. Een van ons nuwe ouers, Valerie, het sommer uit die staanspoor gewys ,dat haar hande vir niks verkeerd staan nie. Die mooi maak van die tafels was haar hande werk. En kan Myrtle werk met n naald. Sommer in n japtrap het sy vir ons pragtige Serpe gemaak. Net soos die Voorsienigheid dit wil hê, begin ons toe mos al weer laat, julle het seker nie bekendstelling nodig , wie die sondebok was nie!! Mnr Laat doop ons hom sommer. Die seremonie het toe amptelik om 17h00 begin, wat deur die assitent DC (Mnr Hendricks) waargeneem was. Dit was ‘n baie emosionele oomblik vir ons as ouers. Die hele aangeleentheid was baie hartroerend. Toesprake was onderskeidelik gedoen deur Wayne ,Hein en ook deur die komittee se voorsitter Mr Fennel.

Die inhuldiging het gepaard gegaan met die aan steek van kerse,wat simbolies is

Van hul toegewydheid aan die "scout laws" en teenoor die scouts.

Het ons seuns nie pragtig gelyk daardie oomblik nie, ‘n trots vir elke ouer.

Ter afsluiting van die geselligheid het Joanne ons vermaak met ‘n liedjie

"Forever Young", wat gedien het as aansporing vir die scouters. Dankie vir al die mummies vir die lekker ete wat voorberie was. Rene Smith