wpe5D.jpg (10965 bytes)
Rise above your circumstances

                        We will rock you

braaiticket.jpg (25068 bytes)   braaithank.jpg (24456 bytes)
Fondsinsameling Poging : BRAAI / KARAOKE                   
( deur Rene Smith )           Datum 30 July 01                              

Wie het gesê, dat ‘n fondsinsameling poging maklik is ? Dis uiters harde werk, vra ons voorsitter, aangesien hy baie ingesit het om dit ‘n sukses te maak .

Die komitee was almal entosiasties en het hul volle lot ingegooi met die beplanning. Ons telefoon lyne het behoorlik gegons soos ons oor en weer geskakel het vir donasies. Sommige kere dan vind jou sjarme nogal baie baat, as jy so iets aandurf., want jy word sommer toegegooi van donasies. Arnold het nogal ‘n slag met mense, want net ‘n kyk in sy jammerlike gesigsuitdrukking gekyk, dan word die donasies van watter aard ook al sommer mildelik in sy hand gestop.!!!

Ons is veral baie dankbaar vir ons Moslem ondersteuners, wat nie geskroom het om hul harte oop te maak vir ons nie.  

Elkeen het sy taak gehad wat hy of sy daardie aand moes uitrig. Al Almien kan verseker wees dat hul ‘n puik produk lewer aangesien Anne amper al die worsies uit die noedelslaai gegaps het. Hein en Wayne het gebraai dat die sweet loop. Spur sal nie eers kan kers vas hou met ons uithaler braaiers van die aand nie. Net ‘n jammerte hulle het koue voete gekry met die opruiming !!

Die Karaoke was die grootste aantrekkingskrag van die aand. Klein en groot, oud en jonk het daardie aand baat gevind by die singery.

Shirley het haar minnelied gesing uit volle bors gesing " I just call to say I love you" . Manne ons wil hê julle moet weet , ons sê dit nie meer met blomme nie, maar ons sing dit vir julle. Ek hoop net die man in die gehoor het ag gegee op die lied.

Onder ons ouers is daar nogal baie sangtalent, julle het seker gehoor na Jo-anne en Venessa. Die dames wat sing soos ‘n nagtegale. Hoop hulle sal hul talente in die scouts inploeg, omdat ons kan doen met ‘n scouts koor, of wat sê julle ?

Die aand was baie aangenaam, omdat ons sulke goeie ondersteuning gekry het . ‘n Groot dank aan elkeen wat ons geseën het met hul teenwoordigheid met die braai. Julle was sommer ‘n bak span, Jonathan jy ook, hoor.

Dankie dat julle dit moontlik gemaak het dat ons toerusting kon aanskaf vir scouts.

God seën . Ons sien uit na ons volgende poging en jul teenwordigheid

 

This page was last updated on 12 September 2001 04:52 AM
For comments Mail   Webmaster :  fennelaj@webmail.co.za