Basaar van 27/10/01 van 2nd Elsie River Scouts Shirley Kinnear

2nd Elsies River Scouts het St. Nicholas Kerk ondersteun in hulle jaarlikse basaar. Die rede hiervoor is omdat die kerk nog nooit die Scouts enige geld gevra het om die scouts by hulle te hou nie. Ons het van so ‘n maand voor die tyd begin beplan aan die bazaar, maar het eers op dreef gekom so twee weke voor die tyd en eers behoorlik stoom gekry so een week voor die basaar. Daar was woes gesoek na donasies en maatskappye is opgebel en besoek en donasie briewe is uitgestuur en afgelewer.

Die respons was goed en ons het taamlik donasies gekry. Die besluit was geneem om hamburger, chips en koeldrank combo te verkoop en die mense het ook die geleentheid gehad om die items los te koop. Arnold en Shirley het in die begin al die goedere vir die basaar gekry en aangery.Ruben se ma Mev Denise Januarie het lekkergoed mandjies gemaak wat ook verkoop was en dit is sommer heel eerste verkoop. Shirley het klere as ‘n skenking gekry by haar professor by die werk en het sommer ‘n "Rummage Sale" gehou daarmee. Jo-anne het vissies gemaak en haar dogter en vriende het ‘n speletjie vang die vissies gehou en dan kan jy ‘n prys wen. Group Scoutmaster Wayne het vuur gemaak en hamburgers gebraai dat die sweet so tap en Arnold het chips gebak dat it goed gaan. Hy het sommer so twee potte aan die kook gehou met die warm visolie vir die chips. Wayne Williams het gesorg dat al die pryse van die goedere op sy motor uitgestal is vir goeie sigbaarheid en aantrekkingskrag en Shirley het gesorg dat die scouts ‘n mooi banner het om te vertoon. René en Ann en Mev Januarie het by die tafels die burgers en combo’s aangemaak en verkoop en het nie ‘n minuut stilgestaan nie. Die scouts was almal opgetof in hul scoutdrag en het die scouts mooi verteenwoordig op die basaar. Hulle het gesorg dat 2nd Elsies River scouts se naam hoog bly en was ‘n goeie advertensie vir ons.

Die basaar was ‘n sukses en ons het ‘n goeie bedrag ingesamel al het ons ‘n bietjie laat begin en al was ons in die begin ‘n bietjie ongeorganiseerd. Dit was ‘n goeie leerervaring vir ons almal en ons het ook lekker pret gehad.