'
n LIEFDEVOLLE MA


Al sou ek die mooiste huis hê en die smaaklikste etes vir my huismense voorberei, maar ek doen dit nie met liefde nie, dan is ek so waardeloos soos 'n leë kastrol of 'n stukkende eierklitser.

Al is ek die besigste Ma op die beheerraad en ek koop vir my kinders die duurste sporttoerusting, maar ek het nie die tyd om hulle langs die sportveld aan te spoor nie, dan sal dit my niks baat nie.

Al koop ek 'n kamer vol opvoedkundige speelgoed en betaal ek sakke vol geld vir ekstra klasse, maar ek self sit nie by my kinders en speel of worstel met die skoolwerk nie, dan is ek nog nie 'n ware moeder nie.

'n  Liefdevolle ma is geduldig - sy tel maar die klere en speelgoed op.  'n Liefdevolle ma is lankmoedig en vriendelik - sy laai haar motortjie vol kletsende, swetende skoolkinders.

Sy vergelyk nie haar kinders met ander nie en sy is nie verwaand oor hulle prestasies nie.  Sy bedek alle skrape met liefde en pleister en glo in haar kinders, hoop net beste en verdra al die klaery en kritiek.

'n Opregte drukkie en intieme gesprek bly lank in 'n kinderhart, maar gestrykte wasgoed word weer vuil en 'n netjiese huis word weer deurmekaar en vol stof .....

Eendag as die Volmaakte gekom het, sal jou huis en sy binnekant tot niet gaan, maar  die lewende siele van jou kinders sal ondersoek word.  Toe ek nog 'n jongmeisie was, was ek gesteld op my mooi voorkoms en aardse besittings, maar noudat ek 'n Ma geword het, het my kinders se versorging vir my belangriker geword. 

Nou kyk ons nog vas teen opstandige tienergesigte, maar eendag, as hulle groot geword het, sal ons die vrugte maai van die liefde wat ons kleintyd gesaai het.

En nou bly AANDAG, GEDULD en LIEFDE, hierdie DRIE,
Maar die waardevolste hiervan is 'n liefdevolle MA.

New website

We have a brand new website that is hosted at the
following address : http://ers2web.tripod.com
It can also be viewed from the scouts.org  main website.
All the newsletters can be viewed here, as well as a host of other information. We have most of the groups photo's on the site. The new kids will be added in due course.